April 15, 2008

Wat gaan aan met die bosparra?

Jis maters, ek weet darem nou nie wat aangaan daar by Bosparra nie, die outjies update nou al van Saterdag af en net mooi niks gebeur nie? Dis soos die groot nuus wat hulle vir ons gehad het, daai uurglasie is al laaaaaaaankal leeg en het ons al nuwe nuus? Ek kan ook nie help om partykeer te wonder nie, is dit nie dalk Platkuif en Vonkeldoos wat daar kom post onder ander skuilname nie, net om so bietjie opwinding te veroorsaak? Wel as dit hulle, baie goed gedoen, ek is ook al verslaaf aan bosparra en kan nie wag om te sien watse kak hulle volgende gaan aanjaag nie!

Tot volgende keer.

Groete
Poener

April 7, 2008

Ons ou landjie se paaie!

Ek was hierdie naweek Sun City toe om bietjie weg te kom van al die gewoel hier in PTA. Het sommer net lekker gaan ontspan en vir al die mooi tannies daar by die valei van golfies gaan kyk! Teen Sondag het ek maar weer my goedjies gepak en die pad huistoe aan gedurf. Nie eers 10 minute op die pad nie toe wil ek die eerste ou moer! Ek weet nou nie of ek net dom is of wat nie, maar mense gaan al hoe meer soos varke tekere op ons paaie, en dis ook nou nie juis of ons paaie in 'n goeie toestand is nie! Die eerste moer, trek met sy Nissan bakkie links van drie karre verby in die geel streep, die volgende fokker ry 60 in die middel van die pad! Toe ek nou klaar by die twee verby is kom sit 'n dom etter met 'n Corsa op my gat! Ek wonder net, waar de bliksem dink so persoon gaan hy heen as ek nou vinnig moet stop vir iets? En presies hoe vinnig wil die doos nou ry? Is 160 nie genoeg nie? Die beste van alles is dan ook natuurlik as jy die etter nou 'n spasie gee om verby te kom, dan gee hy jou so kak kyk en sukkel om verby te gaan, dan, so vier bulte later sit die selfde fokker en praat op sy selfoon terwyl hy 80 ry! Ek raak so kwaad ek sal 'n fokken aar in my kop bars! Waar de fok is julle breins mense? Al ooit gehoor van iets soos logika? Ja, jy, die doos met die silwer Volvo wat so fokken naby aan my ry dat jou kar se kak badge agter op my bumper sit! Wat de fok dink jy? Jy sit met 'n vrou en twee kinders in jou kar teen 160 bo op 'n ander kar? As jy dan nou so dom doos wil wees, hoekom stel jy nie net jou eie lewe in gevaar nie, maar ook jou vrou en kinders'sn? Fok weet, ek raak sommer van vooraf de bliksem in! KOM NET FOKKEN BY!

April 1, 2008

Nuwe tydskrif!

Ek wil graag 'n nuwe tydskrif in SA begin! Elke keer wat ek erens loop waar hulle tydskrifte verkoop raak ek sommer de moer in! Hoekom is daar nie 'n tydskrif met standaard goed in vir die standaard ou op straat nie? Vat nou maar die FHM, al die girls daarin is super modelle of een of ander celeb, die karre wat hulle toets is almal super karre wat heeltemal te duur is en ons kan maar net kyk en dan is daar 'n klom ander kak in wat niks met niks uit te waai het nie. Nou wil ek begin met die "Standaard." Ek wil gewone karre toets, gewone mooi girls wat ek op straat sien interview en bietjie relevante goeie tips en goed gee. Goed soos wie is nou juis vinniger, die Golf 1.4i of die Corsa? Wat is die onderhouds koste van die twee. Relevante goed wat elke aap op straat kan bekostig en graag wil weet! So as jy so iets het stuur dit asseblief vir my dat ons hierdie projek van die grond af kan kry! Toets jou toaster en stuur vir my die "verdict."

Wat gaan hier aan dat hier niks aangaan nie?

Ek het die naweek met een van my vriende gepraat wat nogal baie travel. Ons gesels toe so bietjie oor Zim en 'n paar ander plekke wat hy onlangs besoek het en dit draai toe natuurlik SA se kant toe. Dis skokkend om te dink dat al hierdie ander lande wat so in die kak is se eerste teken van groot kak krag onderbreekings was! Nou wonder ek maar net, waar is onse ou landjie heen oppad?