April 1, 2008

Nuwe tydskrif!

Ek wil graag 'n nuwe tydskrif in SA begin! Elke keer wat ek erens loop waar hulle tydskrifte verkoop raak ek sommer de moer in! Hoekom is daar nie 'n tydskrif met standaard goed in vir die standaard ou op straat nie? Vat nou maar die FHM, al die girls daarin is super modelle of een of ander celeb, die karre wat hulle toets is almal super karre wat heeltemal te duur is en ons kan maar net kyk en dan is daar 'n klom ander kak in wat niks met niks uit te waai het nie. Nou wil ek begin met die "Standaard." Ek wil gewone karre toets, gewone mooi girls wat ek op straat sien interview en bietjie relevante goeie tips en goed gee. Goed soos wie is nou juis vinniger, die Golf 1.4i of die Corsa? Wat is die onderhouds koste van die twee. Relevante goed wat elke aap op straat kan bekostig en graag wil weet! So as jy so iets het stuur dit asseblief vir my dat ons hierdie projek van die grond af kan kry! Toets jou toaster en stuur vir my die "verdict."

7 comments:

Unknown said...

Ek stem saam met jou Poener! Iets relevants wat elke leser man en vrou en kund kan enjoy! Soos die toaster effek. Wat van goeie 2de handse "spares" plekke waar die Saterdag "mechanics" hulle goed kan koop of hoe om 'n kragprop in te sit (vir die vrouens) ens. Ja alledaagse goed. Standaard. Dis hoe dit is.

Poenerhoes said...

Thanks vonkiedool, ek dink ook dis tyd vir so iets. Ek ken hoeveel mense wat Golfies en Corsas ry en daar is net nerens in enige tydskrif goeie reviews nie. Die algemene goed soos "ja dis 'n mooi kar en dis 'n goeie kar." Maar wat van die regte goed, hoe vinnig is hy regtig? Kan ek hom dalk self diens? Waar kan ek goedkoop parte kry om daai klein goedjies reg te maak, waarmee kan ek hom was? Ek dink dit sal moerse cool wees.

Anonymous said...

Hey neef Poener!!! ja ja ja... dis tyd dat ons die tydskrif begin , jy kan natuurlik die redakteur wees want dit is cool om 'n redakteur te wees. o ja raai wat , ekt my ou blogpage kon "Re-cover" gaan kyk bietjie!!
ek is op skype chat later

Anonymous said...

Gaan maar weer probeer. Goeie idee.
Wonder al lankal wie se stinkgatte is wat al die superkarre, superklere en supertoys uit tydskrifte uit koop!

Poenerhoes said...

Hey demoerin, thanks vir jou bydrae. Ja ek het ook al gewonder, niks wat in daai boeke is is bekostigbaar nie, so wat is die use van so tydskrif? Dis soos daai skeermesse met 7 lemme, wtf? Na die tweede lem is daar niks meer om te skeer nie en wat 'n kak spul as jy jouself raakskeer!

Anonymous said...

Ja poener. As al 7 daai lemme jou raaksny, is jy uitgebloei in 2 minute!! Mens kan in elk geval nie eers meer die tydskrif self bekostig nie.

Anonymous said...

Hi HP
Praat van toasters! Vanoggend maak 'n ou broodjie en koffie voor ek die dag aanpak, nog heel deur die dinges. Skielik sien ek die brood is letterlik aan die brand ek meen VLAMME. Nadat ek wakker geskrik het en amper die toaster van die kas af gegooi het, kyk ek binne in...Ons ou seuntjie het met die vuurhoutjies gespeel en dit in die toaster gegooi!! Tussen my en jou, hy's nou eers 18maande oud...

Hier is solank 'n verdict, vuurhoutjies in die toaster kan jou vinniger wakker maak as koffie!