April 7, 2008

Ons ou landjie se paaie!

Ek was hierdie naweek Sun City toe om bietjie weg te kom van al die gewoel hier in PTA. Het sommer net lekker gaan ontspan en vir al die mooi tannies daar by die valei van golfies gaan kyk! Teen Sondag het ek maar weer my goedjies gepak en die pad huistoe aan gedurf. Nie eers 10 minute op die pad nie toe wil ek die eerste ou moer! Ek weet nou nie of ek net dom is of wat nie, maar mense gaan al hoe meer soos varke tekere op ons paaie, en dis ook nou nie juis of ons paaie in 'n goeie toestand is nie! Die eerste moer, trek met sy Nissan bakkie links van drie karre verby in die geel streep, die volgende fokker ry 60 in die middel van die pad! Toe ek nou klaar by die twee verby is kom sit 'n dom etter met 'n Corsa op my gat! Ek wonder net, waar de bliksem dink so persoon gaan hy heen as ek nou vinnig moet stop vir iets? En presies hoe vinnig wil die doos nou ry? Is 160 nie genoeg nie? Die beste van alles is dan ook natuurlik as jy die etter nou 'n spasie gee om verby te kom, dan gee hy jou so kak kyk en sukkel om verby te gaan, dan, so vier bulte later sit die selfde fokker en praat op sy selfoon terwyl hy 80 ry! Ek raak so kwaad ek sal 'n fokken aar in my kop bars! Waar de fok is julle breins mense? Al ooit gehoor van iets soos logika? Ja, jy, die doos met die silwer Volvo wat so fokken naby aan my ry dat jou kar se kak badge agter op my bumper sit! Wat de fok dink jy? Jy sit met 'n vrou en twee kinders in jou kar teen 160 bo op 'n ander kar? As jy dan nou so dom doos wil wees, hoekom stel jy nie net jou eie lewe in gevaar nie, maar ook jou vrou en kinders'sn? Fok weet, ek raak sommer van vooraf de bliksem in! KOM NET FOKKEN BY!

3 comments:

Anonymous said...

Ja nee wat neef!!
wat my moerse baie ontstel is dat mense nie hulle klein kindertjies vasmaak nie. ek let seker daarop omdat ons ook nou 'n klein dogtertjie het. Ons sien soveel mense wat hul kinder op die agtersitplek laat staan of voor op die voorste sitplek laat sit op iemand se skoot..
En weet jy wat is die ergste van alles.. daai " Crash test toetse word maar teen 60km/h gedoen.. gaan kyk na video waar hulle wys hoe daai plastiek poppies deur die windscreen skiet.

voor ek nou die moer in word gaan ek ook ophou..

Dame met 'n wil! said...

Mense dink mos dit kan nie met hulle gebeur nie.

Anonymous said...

Ai ou poener, praat jou nou so reg uit die perd se bek uit. Weetie of almal net heeltemal alle breinkrag verloor as hulle agter die stuur in klim nie, of is daar dalk te veel gekoopte lisensies. Elke dag huis toe in die middag sĂȘ ek dankie ek het nie 'n vuurwapen by my nie....dit sal net een fokken bloedstreep vanaf Sandton tot in Northcliff wees!!