March 28, 2008

Die Mot!

Hier's so klein storie wat my neef geskryf het, baie, baie verlangs familie! Hahahaha!

Die Mot

Sowat 87 jaar en 3 maande gelede was daar ‘n mot.

Hierdie mot se naam was Ben.

Ben was ‘n Carthaea saturnioides wat ‘n tipe spesie mot is wat in Australie voorkom.

So Ben was ‘n Aussie-mot.

Ben het ‘n familie ook gehad , ‘n wyfie mot met die naam Katryn en ‘n kroos van ongeveer 1138 eiers op ‘n blaar. Ben en Katryn was baie lief vir hul 1138 ongebore wurm-kinders, en het nie ver van die eierblaar-nes af gevlieg nie.

Maar Ben was ‘n “recovering Light-o-holic” en het baie geworstel om na die bar toe te gaan en hom teen die lantern lig se glas vas te donner tot hy nie eers meer reguit kon vlieg nie. Hy het aande van die werk (wat motte 87 jaar en 3 maande terug gedoen het) verby gevlieg en gesien hoe lekker sy ou pelle Dirk en Peet dronk teen die lig vas vlieg en baljaar , en gewens hy kan net nog een keer… net een keer saam met hulle gaan gevok raak.

Sy vrou katryn wat ‘n bietjie groter as hy is (soos wat die spesie klassifikasie bepaal) het hom wel gewaarsku dat as hy ooit weer teen die lig gaan donner , sy hom bietjie gaan donner.

So het Ben dag na dag al hoe meer gedroom om net vir die een laaste keer teen die glas te gaan vasvlieg om die euphoriese gevoel van mot-harsing (al is dit baie klein) skudding te beleef. Sy drang na die “light-Bar” het vir hom naderhand die belangrikste ding in sy lewe geword , dit was al waaraan hy gedink het , hy kon nie slaap nie , kon nie eet nie kon nie konsentreer op sy werk nie .

Sy 1138 larwe-kinders by die blaar het uitgebroei , en al waaraan hy kon dink was die lig.

“Net een Laaste keer” het hy gedink , “Dan sal ek ophou”.

Katryn het ook agtergekom dat hy nie lekker is nie , maar hy wou nooit met haar praat nie.

En een saterdag-aand nadat Ben die 1138 kinders opgepas het toe Katryn by een van haar mot-vriendinne Ellie se kitchen tea was , is hy daar weg.

‘n Klapsoen by die deur vir Katryn, met ‘n vinnige “eks netnou terug” daar gelaat.

Oppad “Light-bar” toe tel Ben spoed op , hy kan nie wag om homself vaktap teen daai glas te gaan vasvlieg nie! En hy gaan sommer alleen , nie nodig om iemand saam te vat nie.

By die Light-bar aangekom is alles doodstil , “perfect” dink Ben , “nou sal niemand my sien nie!”, “ en geen stories more by die kerk nie”

Sy oë en voelers reik uit na die lig , nou net so klein entjie van hom af .

En met ‘n gejuig en ‘n geklap van motvlerke spring Ben weg , nader en nader na die lig en na mot harsing(al is dit baie klein) skudding , wat soo lekker is!!!

Maar die Lantern se glas was weg , en in die laaste oomblikke voor die vlam hom verbrand sien hy ou Dirkmot en Peetmot se gebrande lyke saam met ‘n paar ander hoer-motte , En hy dink by homself : “Vok” terwyl sy vlerkies begin skroei “ ek wou net een laaste keer..” en voor die helderste Lig van die “light-bar” vir hom donker word , was sy laaste woorde: “Katryn , ek is jammer”..

Die Einde

1 comment:

Unknown said...

Baie goed vertel. Dit laat my dink aan die Mot storie wat Oom Fanus Rautenbach in die oggende in sy program Flink uit die vere op Springbok Radio vertel het. (Jare gelede) Hierdie is nou tipies vir ons om te verstaan (he-he). Groete